Talk to us!

Bolero MaXX: Die regte oplossing tussen ‘n Pik Up en swaar-vervoervoertuie

Vandeesweek gesels ons met Oscar Kolbe, Direkteur en Algemene Bestuurder by Mahindra Nelspruit, oor die nuut-gelanseerde Bolero MaXX-reeks. Vir besigheidseienaars wat tussen ‘n ligte Pik Up en ‘n swaarder vervoervoertuig moet kies, bied die Bolero MaXX-reeks drie opsies wat presies by jou lading en bedryf pas: die 1.3T- en 1.5T-modelle vir stad- en aflewerings-werk, en die 1.7T Heavy Duty (breĆ«r en groter, met ‘n laaibak van tot 3 050 mm) vir swaarder vrag. Oscar deel hoe besigheidseienaars hul werklike vervoerbehoeftes moet identifiseer voordat hulle ‘n keuse maak. Luister na die volledige onderhoud hieronder.